Die jaarlikse Benbel-interskole tussen die laerskole Beaumont en De Hoop vind hierdie week plaas met Beaumont as die gasheerskool. Die verrigtinge het Woensdag met skaakwedstryde begin. Vandag (Donderdag 22 Augustus) meet die hokkiespelers kragte op Hoërskool Parel Vallei se sportveld en Saterdag word die rugby- en netbalwedstryde op Beaumont se sportveld gespeel. Die sportkapteins het onlangs met die hoofborg ontmoet. Agter staan De Hoop-leerders Migael van Schaik (skaak), Hanmaré McAslin (hokkie), Christiaan Labuschagne (rugby), Juané Maass (netbal), Ryan Williams (hokkie), Lizaan Slabbert (landloop) en Matthew Kemp (landloop). Voor is Beaumont-leerders Alexander Hoy (skaak), Sophie Krige (hokkie), Cristiano Luizinho (rugby), Daniel Benade (Benbel) Kiara Mahoney (netbal), Ethan Vlismas (hokkie), Teagan Viljoen (landloop) en Sibulele Makeleni (landloop).


Dis interskole tyd!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article