Drie leerders aan Hoërskool Parel Vallei, Louis Cronje, Danielle en Benjamin Kleyn, het goed presteer by Universiteit van Pretoria se 25ste Wiskundeolimpiade. Met deelname aan die olimpiade word leerders se wiskundige vermoëns getoets terwyl hulle dit geniet om praktiese oplossings te vind vir uitdagende probleme. Danielle, ’n gr. 11-leerder, het vir die vierde agtereen­volgende jaar ’n eerste plek in dié olimpiade behaal. Sy neem sedert gr. 8 aan die olimpiade deel. Haar broer, Benjamin, het ook eerste in die afdeling vir gr.9-leerders geëindig en die talentvolle Louis was tweede in die gr.8-afdeling.


Wiskunde doen hul maklik

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article