Die Helderberg-kliniek vir adolessente in Strand is vir tieners wat aan depressie ly. Ter viering van Oktober as geestesgesondheid-bewusmakingsmaand het die kliniek hande gevat met Hoërskool Strand. Rocco van Rooyen, ’n Olimpiese spiesgooier, Survivor SA-deelnemer, Mnr. SA-finalis en Men’s Health-voorbladheld, het die leerders met ’n praatjie gemotiveer om oor hul probleme te praat, vir mekaar om te gee en ’n volwasse mentor in hul lewe te kry. Youth Zone se 24-uur-hulplyn, ’n Life Path Health-inisiatief, is ook aan hulle bekendgestel. Bo staan Janine Visser (administratiewe bestuurder by die Helderberg-kliniek), Rocco van Rooyen, Pieter Smith (Life Path Health), sr. Christa Marais (Helderberg-kliniek) en Adré Potgieter (maatskaplike werker en berader by Hoërskool Strand).Foto:


Strand-tieners gemotiveer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article