Laerskool Lochnerhof se musiekleerders het hul merk in die 2019-Unisa-musiekeksamen behoorlik gemaak. Die 26 deelnemende leerders het gemiddeld 78% aangeteken, met vyf leerders wat 90% of meer behaal het en dus op Unisa se ererol kom. Olivia van der Westhuizen en Megan Cocklin het 91% vir blokfluit (voorgraad 1) en Mia Schultze 90% behaal. Carike Wiese het 91% en Nina Stears 90% vir klavier (voorgraad 1) behaal. Agter staan Olivia van der Westhuizen, Megan Cocklin en Mia Schultze. Voor sit Nina Stears en Carike Wiese.


Lochie-musikante presteer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article