Kunswerke van talentvolle matriekleerders van Hoërskool Valsbaai is Dinsdag 22 Oktober by die skool uitgestal. Die leerders met visuele kuns en ontwerp as vak kon die aand saam met familie, vriende en personeel geniet ná ’n propvol jaar waarin hulle hard gewerk het. Die werke was kreatief en uniek en die trots van al vier leerders. Baie moeite is met die uitstalling gedoen en die gaste het verversings ná die amptelike opening geniet. Bo: Zoë Julies trots by een van haar kunswerke.Foto’s: Herman Janse van Rensburg


Kunsleerders skitter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article