Ané Braasch, ’n leerder aan die Hoërskool Strand, is gekies as lid van Die Burger se 61ste jeugleierskonferensie wat van 6 tot 12 Desember gehou gaan word. Sy is een van 50 jeugleiers uit die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap wat gekies is om die konferensie by te woon. Die tema van die konferensie is “Die jeug se inspraak in hulle toekoms”. Juliana Louw, die skool se leerderleier-skakelonderwyser, is ook vir die vyfde jaar as ’n groepfasiliteerder by die byeenkoms aangestel.


Leier na konferensie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article