Hoërskool Strand-leerders, Lizanne en Derik Nortje, het Saterdag 12 Oktober dié skool by die nasionale ronde van die Radikale Redenaars in Pretoria verteenwoordig. Skole, afrigters, onderwysers en redenaars van oor die land het by Laerskool Constantiapark bymekaar gekom vir dié geleentheid. Derik (gr. 10) en Lizanne (gr. 11) het ’n derde plek losgepraat in die kompetisie. Lizanne het ook aan die woordkuns-afdeling deelgeneem en ’n tweede plek verower vir Afrikaans-gedigte en eerste plek vir English poetry.Foto:


Die tonge is behoorlik los

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article