Die senior klas van die Rusthof Olso-skool het Donderdag 14 November hul skoolklere vir deftige rokke en aandpakke verruil en behoorlik gepronk by dié skool se jaarlikse skoolverlatersbal. Die skoolsaal was in rooi, swart, goud en wit versier en die tema van die aand was “A Night at the Oscars”. By dié glansgeleentheid het die groep leerders ook sertifikate ontvang as bewys dat hulle hul skoolloopbaan suksesvol voltooi het. Vir baie ouers en onderwysers is hierdie ’n groot hoogtepunt. Olivia Booysen, Shameeg Slamdien (klasonderwyser), Faheema Karan (vroeëkindontwikkelingpraktisyn), Chester Fransman, Mannette Mally (skoolhoof), Michelle MacDonald (vroeëkindontwikkelingpraktisyn) en Evelyn Arendse by die geleentheid.Foto:


Skool sluit jaar stylvol af

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article