Die o.13A-meisies-tennisspan van Laerskool De Hoop het die naweek van 31 Januarie aan die eindronde van die BNP Paribas Rising Stars-toernooi in Soweto deelgeneem. Die toernooi het uit drie uitkloprondes bestaan en die De Hoopers het die eindstryd teen Oranje Meisieskool gehaal, maar moes hier die knie buig. Tog is die skool trots dat dié span die tweede beste span in hul ouderdomsgroep in Suid-Afrika is. Die meisies het ook die internasionale tennisspelers Lloyd Harris en Kevin Anderson ontmoet. Van links is Lloyd Harris, Lisa-Marie du Toit, Lara Potgieter, Joannette Kruger (afrigter), Emily du Toit, Amelie Ward en Kevin Anderson.Foto:


Anderson, Harris steun De Hoop-tennisspan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article