Gerrit Born, Jozua Bezuidenhout en Brendon van Rooyen, leerders aan die Hoërskool Strand, tesame met Cuan Hatting van die Natural Learning Academy, het in Desember aan die nasionale ronde van ’n internasionale robotika-kompetisie deelgeneem. Hulle het as die Beach Bots-span in die Wes-Kaapse streekkompetisie deurgedring tot die nasionale kompetisie deur toppunte te behaal met ’n bobaas-navorsingsprojek waarin hulle ’n robot ontwerp het wat voorgeskrewe take suksesvol kon doen, en goeie spanwerk en gemeenskapsbetrokkenheid demonstreer. Beach Bots se robot was só suksesvol by die nasionale kompetisie in Johannesburg dat dit die prys vir die beste meganiese ontwerp voor die neuse van meer as 200 ander robotte opgeraap het.


Arende bou wennerrobot

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article