Die
Strand-polisie het twee geregtelike doodsondersoeke ingestel nadat die lyke van
twee vroue in hul huise gekry is.
Polisielede
het gisteraand (Sondag) omstreeks 19:00 op dié voorval gereageer nadat bekommerde familielede hulle ontbied het.
Polisielede
het met die hulp van die verhuurder toegang tot die woning in Maraisstraat
verkry.
Luidens
‘n verslag is die lewelose liggaam van ‘n 25-jarige vrou onder ‘n kombers op
die bed aangetref. Die liggaam van ‘n 42-jarige vrou is hangend van die diefwering
naby die ingang gevind.
‘n
Brief is op die toneel gevind.
Die
polisie vermoed geen misdaad nie.



