Hoërskool Strand is by ’n prestigegeleentheid van die onderwysdepartement se distrikskantoor met pryse vereer. Die skool het onder meer ’n sertifikaat ontvang vir sy algehele 90- tot 100%-slaagsyfer die afgelope drie jaar asook een vir die verbetering van 10% of meer in die algehele slaagsyfer met ’n minimum van 60%-slaagsyfer. HS is ook vereer vir die volgehoue prestasie die afgelope twee jaar dat 50% of meer van die leerders vir ’n baccalaureusgraad vir verdere studie gekwalifiseer het en het ook sertifikate ontvang vir vakke met ’n slaagsyfer van 95%-100% die afgelope vyf jaar met ’n minimum van 20 leerders in die vak – Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, ingenieursgrafika en -ontwerp, rekenaartoepassingstegnologie, toerisme, verbruikerstudies, wiskunde en wiskundige geletterdheid. Die trotse onderwysers met hul pryse is Rozanne Mentoor (Engels eerste addisionele taal), Esther Loedolff (wiskunde en wiskundige geletterdheid), Tania van der Walt (rekenaarstoepassingstegnologie), Danie Malan (skoolhoof), Annemaré Francis (Afrikaans-huistaal), Martha Kuhn (wiskunde en wiskundige geletterdheid), Tobie Basson (ingenieursgrafika en -ontwerp) en Elbie de Villiers (verbruikerstudies).Foto:


Onderwysers vir harde werk beloon

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article