Die o.14A-krieketspan van Hoërskool Strand het verras en die seisoen op ’n hoë noot afgesluit deur Hoërskool Hermanus met 10 paaltjies te klop. Hermanus is op sy tuisveld vir ’n skamele 52 lopies uitgeboul met Nathan Drotskie (4/7) wat die beste boulvertoning gelewer het. Die Arende het die telling sonder die verlies van ’n paaltjie verbygesteek. Die wenspan is (agter) LW Coetzee, Janu Fouché, Selwyn Ortell, Marais Westraat, Lee-Hogan Gordon en Ethan Leonard

Juniors skitter op krieketveld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article