Die broers, Christopher en Alexander Smit, het Saterdag 15 Februarie aan die Wes-Kaapse moderne vyfkamp by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch deelgeneem. Dié Hoërskool Strand-leerders het uitstekend gevaar met Alexander wat goud in die o.17-seunsafdeling verower het en Christopher wat silwer in dieselfde afdeling gewen het. Die broers is vir die provinsiale span gekies wat vroeër vandeesmaand aan die Suid-Afrikaanse moderne vyfkampkampioenskap by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein deelgeneem het. Alexander het ook in Februarie aan die Wes-Kaap- en Boland se Laser Run in Stellenbosch deelgeneem, waar hy ’n eerste plek vir seuns o.17 behaal het. Hy is ook vir die Wes-Kaap-span gekies om aan die SA Laser Run in Bloemfontein deel te neem.


Vyfkamp-sibbe doen hul ding in Stellenbosch

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article