Daar was verlede week groot opwinding by Talanja-kleuterskool in Somerset-Wes, toe ’n filmspan van VIA (DStv-kanaal 147) by die skool besoek afgelê het. Die daaglikse aktiwiteite van die jongspan is vir die program Wysneusies tydens die besoek afgeneem. Die kleintjies was omtrent bedrywig en het land-en-sand met die joernaliste gesels terwyl hulle aan aktiwiteite soos kuns deelgeneem het. Hulle het ook meer vertel hoe hulle deur die Covid-19-pandemie getref is. Bo is die skoolhoof, Alta Potgieter (middel, agter), saam met twee van die Wysneusies-spanlede Monique Koen (links) en Bravin Bonthuys.Foto’s: Phiwokuhle Mothemela


Wysneusies spog met wyshede

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article