Drie kranige toutrekkers van die Hoërskool Strand is Saterdag 13 Maart met ’n spesiale Toutrek-legende-pet vereer. Durand van Deventer, Nina Esterhuizen en Brendon van Rooyen is met dié eer bekroon vir hul lojaliteit, stiptelikheid, voorbeeldigheid en mentorskap teenoor nuwelinge. Al drie het aan 30 of meer kompetisies vir die Arende deelgeneem, wat slegs in ’n trekker se vierde jaar van deelname vermag kan word. Die pet dien as aansporing vir jonger trekkers om met toutrek as sport aan te hou. Met inisiatiewe soos die Legende-klub en uitstekende afrigting sien Arende-toutrek daarna uit om sterker te word en om in die toekoms ’n krag in SA toutrek te word.Foto:


Toutrekkers vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article