Netbalspelers van die Hoërskool Parel Vallei het Vrydag 26 en Saterdag 27 Maart hul vaardighede verskerp met die aanbieding van ’n netbalkliniek by die skool. Die oefenprogram is deur Elize Kotzé, die voormalige Protea-afrigter, en haar assistent, Lizel van der Walt, aangebied. Kotzé deel die afgelope twee jaar al haar breë kennis en ervaring met PV se netbalspelers en -afrigters. Die kliniek het Vrydag begin met die juniors (o.14- en o.15-groepe) wat aan demonstrasies deelgeneem en verskeie nuwe vaardighede aangeleer en ingeoefen het. Saterdag se sessie het met die seniors (o.16- tot o.18-groepe) begin, en gevorderde oefeninge is aangeleer en spelers kon hul vrae direk aan Kotzé stel. Later die oggend het die junior spelers ook aangesluit en oud-PV-netbalspelers het vrylik hul tyd afgestaan om as fasiliteerders vir ’n spanbousessie op te tree. Motiveringspraatjies is ook gelewer en die spelers is op elke terrein voorberei vir die nuwe seisoen. Gespesialiseerde afrigting is vir spelers in doelposisies deur Claudia Jarrod, ’n lid van die Matie- en Stingspan asook die o.21-Protea-oefengroep, aangebied. Parel Vallei se amptelike netbalafrigters het ook waardevolle afrigtingswenke ontvang.Foto:


Netbalkliniek verskerp vaardighede

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article