Christopher Smit en Marli Botha, leerders aan die Hoërskool Strand, het by Atletiek Suid-Afrika se kampioenskap in die Paarl gewys wat in hulle steek. Marli het in die o.20-ouderdomsgroep aan hamergooi deelgeneem waar sy al sewe Boland-kompetisies gewen het en aan ASA se standaarde voldoen om haar ’n plek in die junior Boland-span te besorg. By die ASA-kampioenskap het sy ’n vyfde plek met ’n gooi van 46 m behaal. Sy is ook die enigste vroulike hamergooier wat gekwalifiseer het om van 15-17 April aan die senior SA kampioenskap in Pretoria deel te neem. By die ASA-kampioenskap het Christopher die goue medalje in die hamergooi vir seuns o.18 verower met ’n skitterende afstand van 60,87 m. Wat sy prestasie meer merkwaardig maak, is die feit dat hy weens die Covid-19-pandemie sonder die hulp van ’n gekwalifiseerde afrigter bo op die podium geëindig het.


Gooi vir hul posisies los

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article