Die trotse PV-fietsryers (van links) is Francois du Toit (PV-fietsryhoof), Gabi Schulz, Jean-Marc de Beer, Vincent Buter, Alex Schulz en (voor) Nikalau Volsteedt. Inlas: Angeliq Coetzer. Jean-Marc Surridge was afwesig toe die foto geneem is.


Sewe fietsryers van die Hoërskool Parel Vallei het Saterdag 1 Mei aan die Paarl- MTB-uitdaging deelgeneem en die speke op uitdagende terrein laat sing.

Angeliq Coetzer is as die Suid-Afrikaanse kampioen gekroon nadat sy die eerste plek in die 40 km-afdeling losgery het. Jean-Marc de Beer het ook bo-op die podium gestaan nadat hy die eerste plek in sy klas vir die 40 km-afdeling behaal het. Nikalau Volsteedt was tweede in die 20 km-afdeling, Gabi Schulz vyfde in die 40 km-afdeling, Vincent Buter sewende in die 60 km-afdeling, Jean-Marc Surridge 13de in die 60 km-afdeling en Alex Schulz het die 20ste plek in die 60 km-afdeling ingeneem.

Die PV-fietsryspan is Saterdag 22 Mei in die eerste kompetisie van die Spur- skole-MTB-renreeks in aksie. Hulle sal hul titel as die voorste gemengde bergfietsry-span in die Wes-Kaap, wat die skool in 2019 gewen het, verdedig.

Die ren is verlede jaar weens die Covid-19-pandemie afgelas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article