Dié drie leerders van die Hoërskool Parel Vallei – Nicolaas Majevski, Liza Spires en Yesol Jeong – het aan die uitdunronde van die internasionale biologie-olimpiade deelgeneem. Yesol het die hoogste punt in die land behaal. Dié drie Parel Valleiers het die olimpiade se keuringseksamen Woensdag 14 April aanlyn afgelê en almal goed gevaar. Yesol het veral uitgeblink deur verder te kwalifiseer as een van die vier beste leerders in die land. Sy sal Suid-Afrika in die internasionale olimpiade verteenwoordig. Die kompetisie word jaarliks in verskillende lande geskryf en sluit telkens praktiese en teoretiese vaardighede in. Die internasionale ronde sal oor ’n tydperk van een week plaasvind waartydens die gekose leerders elke dag aan verskillende aktiwiteite blootgestel sal word. Die aanvanklike beplanning was om die eksamen in Spanje te skryf, maar aanlyn alternatiewe moet nou weens die pandemie ondersoek word.


Hulle ken biologie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article