Hoërskool Strand het aan die begin van Junie ’n nuwe onderwyser in sy Engels- departement verwelkom. Lucette Pelser is die laaste twee dekades reeds ’n passievolle onderwyser. Sy het in die Boland grootgeword en aan die Hoërskool Hugenote in Wellington gematrikuleer. Sy het sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch en later onderwys deur Unisa studeer. Pelser was tot onlangs verbonde aan verskillende Mosselbaaise skole en sluit haar nou by die Arende aan as onderwyseres vir Engels eerste addisionele taal.


Nuwe Engels-onnie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article