Na afloop van ’n geslaagde voorseisoen- en kondisioneringsprogram is die netbalspanne van die Hoërskool Parel Vallei gereed om die groot kanonne te pak. Alida Duvenhage, die skool se netbalhoof, is aan die stuur van hierdie groot en belangrike sportsoort. Haar passie vir netbal word gedeel deur bekwame afrigters en skeidsregters, en dit verseker die toenemende sukses van PV-netbal. Dié agt spelers van PV is ná verskeie uitdunrondes gekies vir die volgende Cape Winelands-netbalproewe wat Vrydag 21 Mei sou plaasvind. Agter is Okuhle Ngoma, Zoë Langeveld, Chelsae Kock en Anoxolo Magubela. Voor is Autumn Moos, Lutho Phumelo, Zinathi Fukweni en Amy Jacobs.


PV trots op dié netbalspelers

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article