Nadat die ATKV-mentors die land platgereis het op soek na vanjaar se beste tienertoneelproduksie, het twee van die Hoërskool Parel Vallei se verhoogproduksies onder die land se top-agt geëindig. Hansie Slim en Dors (foto) sal van Woensdag 6 tot Saterdag 9 Oktober in die Kunstekaapteater in Kaapstad in die eindronde te sien wees. Albei dié produksies het in die streekkompetisie van ATKV-tienertoneel toppryse gewen (“Toneel vier hoogty by Parel Vallei”, DistriksPos, 2 September). Die regisseur en kultuurhoof van PV, Darryl Spijkers, is veral dankbaar vir die gr.12-leerders wat hul dramaloopbaan op só ’n hoë noot kan afsluit ná die afstelling van soveel geleenthede in die verlede. “Die ATKV bied ’n inspirerende platform vir jongmense om nie net op nasionale vlak te kompeteer nie, maar ook bymekaar te leer. Ons is opgewonde om die skole van die Vrystaat en Gauteng hier by ons in die Wes-Kaap te verwelkom en ons twee uiteenlopende stories met hulle te kan deel,” het hy gesê. Gaan na bl. 19 om meer te lees oor die prestasie van Kanya Viljoen, ’n oudleerder van PV, tydens die streekkompetisie.


PV-drama is tops

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article