Dié twee leerders aan die Hoërskool Strand, Derik Nortjé (links) en Clint Williams, het in vanjaar se virtuele Stellenbosch-Eisteddfod-geleentheid groot indruk gemaak. Derik (gr. 12) het drie Cum Laude-pryse ingeryg, terwyl Clint (gr. 11) twee Cum Laude-pryse ontvang het. Derik het ook die Stellenbosch-Eisteddfod-medalje vir die beste drama-deelnemer in gr. 12 gewen, asook die Stellenbosch-Eisteddfod-medalje vir veelsydigheid, die H. du Toit-beker vir die beste hoërskool-dramaseun en die Andreas van Wyk-beker vir beste deelnemer in die senior dramatiese kunste. Clint het die Mathilda Walters-Vlok-trofee vir deurlopende prestasie en deursettingsvermoë ontvang.


Werklike wenners in virtuele Eisteddfod

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article