Die AfriForum-tak in die Helderbergkom het Woensdag 29 September witstinkhoutbome by Somerset-Wes Primêre Skool en die Gloria Botha-skool geplant as deel van die organisasie se jaarlikse boomplantmaand. “Dit is ’n voorreg om by hierdie skole in boomplantmaand betrokke te kon wees. Met aksies soos hierdie skep AfriForum bewustheid by kinders om ook na hul natuurlike omgewing om te sien,” sê Hans Minnie, AfriForum se omgewingsakeportefeuljebeampte by die Helderbergkom-tak. Volgens AfriForum se Johardt van Heerden het hy dit geniet om te sien hoe ywerig die leerders help plant en ’n verskil maak. “Die Helderbergkom is bekend vir sy natuurlike prag en ons is dankbaar dat ons ook daartoe kon bydra met die mooi bome wat geplant is.” Links staan Minnie met leerders van Somerset-Wes Primêr by een van die nuut geplante bome.


Witstinkhoutbome geanker

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article