Drie gimnaste van die Hoërskool Parel Vallei – Deré Vermeulen, April Kallis en Mia van der Merwe – het die Wes-Kaap by die nasionale kampioenskap vir ritmiese gimnastiek verteenwoordig en altesaam agt medaljes verower. Deré (gr. 9) het in die Olimpiese junior groep, wat op grond van Olimpiese standaarde beoordeel word om Suid-Afrika moontlik internasionaal by die Wêreldspele en Olimpiese Spele te kan verteenwoordig, ’n silwer medalje vir een van haar roetines gewen en algeheel agtste geëindig. April (gr. 10) het in vlak 9 vir gimnaste 15 jaar en ouer twee bronsmedaljes vir twee van haar roetines en ’n bronsmedalje vir haar algeheel derde plek gewen. Mia (gr. 8) het drie goue medaljes en een bronsmedalje gewen, en is as die nasionale kampioen in vlak 6 (o.15) aangewys.Foto:


PV-gimnaste ryg die medaljes in

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article