Daandré Walker (regs), ’n gr.10-leerder aan die Hoërskool Strand, is in die Boland o.16-krieketspan opgeneem en gaan aanstaande maand aan ’n interprovinsiale toernooi in Pretoria deelneem. Dié toegewyde en entoesiastiese aanvangskolwer en draaibouler het twee jaar gelede as gr.8-leerder die aandag getrek toe sy voormalige afrigter, Christiaan Theron, wat nou in Nieu-Seeland krieket afrig, hom as ’n toekomstige ster beskryf het. Daandré se huidige afrigter en die Arende se o.19A-krieketspanbestuurder, Andries Louw, staan by hom.Foto:


‘Toekomstige krieketster’ vir Boland gekies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article