Talle gr. 1-leerders het verlede Woensdag (19 Januarie) die volgende stap in hul skoolloopbane geneem met hul eerste dag in die “groot” skool.
Groot opgewondenheid het geheers en nie net die jongspan nie, maar ook hul ouers, het dié mylpaal gevier. Hoewel die meeste die geleentheid met ’n breë glimlag aangepak het, het baie ’n traan of twee gestort.
Trotse DistriksPos-lesers het foto’s van hul kinders se eerste dag by die skool gedeel.




