Die C-skof van Macassar-polisie het onlangs sertifikate ontvang omdat hulle die meeste inhegtenisnemings by die polisiekantoor gedoen het. Die C-skof het die volgende inhegtenis­nemings op hul kerfstok: Drie mense is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, sewe vir dwelmverwante misdrywe, drie vir die besit van onwettige vuurwapens, een vir die besit van ’n gesteelde voertuig en ses vir die verkoop van alkohol.


Polisie kry erkenning

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article