Dié groep talentvolle atlete van die Laerskool De Hoop het verlede Saterdag (12 Maart) die kleure van die Westelike Provinsie by vanjaar se Wes-Kaap-laerskole-atletiekbyeenkoms gedra. Die byeenkoms is in die Dal Josafat-stadion in Paarl gehou. Die provinsiale atlete wat hul skool se naam hoog gehou het, is agter Gerhard le Roux, Lisa Conradie, Annalene Burger, Jean Volschenk, Ruald de Villiers, Zachary Ribeiro en Ferdinand Botha. Voor is Zieva Gie, Ilke Stockigt, Noa-Belle Jordaan, Karien Coetzee, Marcel Visser en Stella Kuipers.


Atlete dra WP-kleure met trots

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article