Die ster-losskakel Damian Willemse (regs) het Sondag (13 Maart) sy 50ste wedstryd vir die Stormers gespeel. Dié boorling van Somerset-Wes het ’n skitterende wedstryd gehad en ook ’n pragtige drie gedruk, wat tot die Stormers se oorwinning van 55–7 teen Zebre bygedra het. Damian het sy drie in die sewende minuut gedruk met ’n prag-wegbreekslag tydens die kragmeting wat op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch as deel van die Verenigde Rugbykampioenskap gespeel is. Foto: Ben Barnard


Damian vier mylpaal met skitter-drie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article