As gevolg van Covid-regulasies wat streng toegepas sal word, sal slegs 1 000 kaartjies toegeken word aan St. Georges-ondersteuners vir komende Saterdag (2 April) se derby teen Helderberg.
Hierdie kaartjies sal verkrygbaar wees by St. Georges se velde om 10:00 Saterdag.
Toegang sal slegs aan hierdie kaartjiehouers verleen word.
Belangstellendes wat nog inligting vereis, kan Bokkie Carstens by 078 776 0058 bel.


