Altesaam 70 pakkies tik is Vrydag 13 Mei in die besit van ’n verdagte gekry.

Credit: SYSTEM

Die Macassar-polisie het voorverlede Vrydag en Saterdag ’n gesamentlike optrede saam met die metropolisie en wetstoepassers gehou toe die hele gebied gepatrolleer is.

Altesaam 10 dwelm verwante inhegtenisnemings is in Vrydagaand 13 Mei se optrede onder die leiding van superintendent Karen Ferris van die metropolisie se K9-honde-eenheid uitgevoer en nog ses mense met gevaarlike wapens is ook aangekeer.

Een van die verdagtes het altesaam 70 sakkies tik in sy besit gehad.

In Saterdagaand 14 Mei se optrede is ’n verdere nege dwelmverwante oortreders in hegtenis geneem, en weer ses vir die besit van gevaarlike wapens.

Die laaste aand se optrede was onder die leiding van superintendent Buto Goshe van die metropolisie.

Sersant Desire Adendolf, ’n woordvoerder van die Macassar-polisie, het die metropolisie en wetstoepassers bedank vir hul samewerking wat die twee optredes hoogs suksesvol gemaak het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article