DistriksPos & Helderberg Gazette het verlede week berig dat die Strand-polisie op soek is na Nakieshia Arendse nadat ’n 9 mm-pistool en vier patrone Vrydag 17 Junie in Elfdestraat gevind is (“Misdaad in kort,” Woensdag 22 Junie).

Ons het berig Arendse se vingerafdrukke is op ’n pistool gevind nadat polisiebeamptes ’n lasbrief by ’n woning uitgevoer het. Dit was foutiewe inligting en Arendse se vingerafdrukke is nié op die vuurwapen gevind nie.

Ons vra verskoning vir die fout.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article