Ruth Smith is ongedeerd terug by haar man en huis.

Credit: SYSTEM

Die 44-jarige-vrou van Strand, wat sedert Maandag 26 September vermis is, is verlede week veilig met haar man herenig.

Ruth Smith, wat laas deur haar man, Charlton, gesien is toe sy winkel toe gestap het, het Vrydag (7 Oktober) by die Helderberg-hospitaal opgedaag. Sy het Charlton van die hospitaal af gebel.

Sosiale media was sedert Smith se verdwyning aan die gons en die Pink Ladies-organisasie het ook ’n verklaring met besonderhede oor Smith en haar verdwyning uitgereik.

Charlton, wat baie rustiger is vandat sy vrou weer tuis is, was tydens haar verdwyning baie bekommerd oor haar omdat sy aan bipolêre versteuring ly en nie haar medikasie by haar gehad het nie. “Ek het met mense by twee plekke gesels wat haar verlede Donderdag in Kusweg gewaar het. Ek het my soontoe gehaas en was in die een plek se parkeerterrein, waar sy telkemale gewaar is. Die feit dat sy ongedeerd is, is ’n wonderwerk,” sê ’n verligte Charlton.

Hy beskryf Ruth se huidige toestand tans as “stabiel en rustig”. “Sy is nie angstig nie en ek hou ’n ogie oor haar.”

Hy het almal bedank wat gehelp het om na Ruth te soek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article