Daar was weer groot opwinding toe die laaste streeks ronde van die Score WP Klub Sewes-toernooi Saterdag (29 Oktober) in die Charles Morkel-stadion in Strand gehou is.
Die uitslae van die wedstryde is soos volg: Kylemore 31-12 Strand United; Eersterivier 21-17 Albions; Kylemore 14-7 Faure; Collegians 31-7 Albions; Strand United 22-12 Faure; Young Gardens 24-12 Eersterivier; Helderberg 12-7 Macassar; Young Gardens 33-7 Whistling Wheels; Maties 40-7 Young Peoples; Macassar 15-7 Franschhoek; Eersterivier 19-12 Whistling Wheels; Young Peoples 21-17 Young Gardens; Franschhoek 19-17 Helderberg; Albions 26-14 Whistling Wheels; Maties 27-12 Collegians; Helderberg 48-7 Kylemore; Franschhoek 40-5 Strand United; Young Peoples 26-10 Collegians.
Die finale ronde vind Saterdag 5 November op City Park in Athlone plaas, en die waarskynlike deelnemers van hierdie streek is Maties, Helderberg, Macassar, Young Peoples en Franschhoek. Die ander twee streke, Goodwood en City Park, sal ook deur hul beste spanne verteenwoordig word.

