Scarlett van der Merwe, ook van die Helderberg-modelskool, is by die 10de jaarlikse Mini Miss RSA-kompetisie, wat van Saterdag 29 September tot Woensdag 2 Oktober in Stilfontein plaasgevind het, as 2022-’23 se Petite Miss RSA gekroon. Dié negejarige skoonheidskoningin het die gesogte titel verower met uitblink-prestasies op die loopplank, uitstekende spreker- en onderhoudsvaardighede, sowel as prysenswaardige liefdadigheidswerk ten bate van haar gemeenskap. Sy het ook stof in die oë van mededingers in die talentafdeling geskop met haar ritmiese gimnastiekvermoë, wat haar die algehele tweede plek in die junior afdeling besorg het. Scarlett gaan volgende jaar die Suid-Afrikaanse vlag by die Royal International Miss Role Model-kompetisie in Orlando laat wapper.



