DistriksPos & Helderberg Gazette se elektroniese nuusbrief, wat elke Vrydagoggend verskyn, bied ’n nuwe manier om ons lesers in te lig.
Die nuusbrief is propvol lekkerlees-stories oor leefstyl-, vermaak- en kuns-nuus vars uit die Helderbergkom en omliggende dorpe, en bied lesers ’n blik op geleenthede en nuusmakers in die koerant se verspreidingsgebied.
Dit is ’n bonus vir lesers en word per e-pos versprei. Die nuusbrief bied lesers ook ’n verskeidenheid lekkerleesstof en is ’n inligtingfees.
Teken gerus in op dié nuusbrief vir lesers en adverteerders deur die skakel op die Facebook-blad te volg.

