Matthew Barnard, ’n gr. 6-leerder aan Somerset-Wes Primêre Skool, is nie net ’n uitblinker op sport- en akademiese gebied nie, maar maak ook opslae op kultuurgebied. Matthew het ’n medalje op die Helderberg-eisteddfod verower vir die hoogste gemiddelde persentasie in die drama-afdeling in gr. 6. Hy het cum laude verwerf vir poësie en ook die hoogste enkele prestasie in openbare redevoering behaal. Matthew het homself as ’n veelsydige jong sportman bewys. Hy is reeds op ’n jong ouderdom in die Westelike Provinsie se toutrekspan opgeneem en verteenwoordig die skool in krieket, atletiek, swem en rugby as lid van die onderskeie eerste spanne. Hy is die afgelope rugbyseisoen as losskakel vir die WP-o.12-rugbyspan gekies en lewer kosbare insette danksy sy goeie oordeel en oortuigende leiding in die agterlyn asook met sy akkurate skopvoet. Summies is trots op dié jong uitblinker en sien daarna uit om hom volgende jaar in aksie te sien.


Trotse uitblinker

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article