’n Bekende van die Strand, Clive (Ysters) Williams, is die jongste slagoffer van verdrinking oor die Feesseisoen.

Michael Markinova, bestuurder van Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Kleinmond, het gesê dat hulle saam met NSRI Gordonsbaai albei Maandagoggend (2 Januarie) gereageer het op inligting vanaf Cape Nature en wetstoepassingsbeamptes oor ’n klein bootjie wat by Maasbaai naby Hangklip omgeslaan het.

Een insittende van die boot het daarin geslaag om aan wal te kom, maar ’n ander insittende was vermis.

Markinova het gesê dat verskeie reddingsbote vanaf Kleinmond en Grodinsbaai is na die toneel en het die gebied gefynkam vir ’n moontlike oorlewende. ’n EMS Skymed-reddingshelikopter is op bystand geplaas. en die oorlewende is deur EMS paramedici behandel.

Met aankoms by die omgeslaande bootjie was daar geen tekens van enige persone nie en ’n see- en kuslynsoektog het begin.

Tydens die soektog is die liggaam van ’n man naby die kus tussen rotse gevind en aan wal gebring.

Die liggaam is later as die van Williams uitgeken.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoekdossier geopen.

In ’n tweede voorval op 2 Januarie het die NSRI gereageer op nuus van ’n 38-jarige man wat in die branders by Garbage Beach, naby Mnandi, in Kaapstad, vermis geraak het. Ten spyte van ’n wydverspreide soektog, is nog niks opgelewer nie.

• Die NSRI het ’n bedrywige Nuwejaar beleef by strandgebiede.

Drie meisies het op Nuwejaarsdag in die branders by Kenton on Sea verdrink. ’n 9-jarige seun word ook vermis nadat hy in die branders by Kenton on Sea verdwyn het.

Ook op Nuwejaarsdag het ’n kind verdrink by die strandmeer in Groot-Brakriviermond, asook ’n man by die Piesangrivier-braai-area in Plettenbergbaai.

Talle mense is ook tydens die seisoen vanuit rowwe see gered.

Die NSRI waarsku mense voorts om vandeesweek uiters versigtig te versigtig te wees in die see met die volmaan-springgety wat Vrydag aanbreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article