Krakerige piesangskyfies
Wonder jy wat om met oorryp piesangs te doen? Het jy al ooit piesangskyfies probeer?!
Hierdie smaaklike, soet-sout versnapering is perfek vir gebruik in die plek van gewone skyfies en baie gesonder aangesien dit gebak is! Dit maak ’n wonderlike kosblik-toevoeging of naskoolse peuselhappie. Die kinders sal hiervan hou.
- Hierdie piesangskyfies is so maklik om te maak, dit is tyd om jou eerste bondel op te klits! Wat is nog wonderlik aan hierdie? Dit benodig nie baie skottelgoed nie, so dit is maklik om op te was. Bestanddele: 4 groot ryp piesangs15 ml (1 e) suurlemoensap30 ml (2 e) versiersuiker) Aanwysings:1. Voorverhit jou oond tot 80°C en berei twee bakplate met perkamentpapier voor.2. Sny die piesangs in dun skywe en plaas dit eweredig op die bakplate. Smeer met die suurlemoensap en sif die versiersuiker oor.3. Plaas dit in die oond vir 1 uur en 30 minute tot 2 uur of totdat die piesangskywe bros is. Haal uit die oond en laat afkoel.Gerolde kaasomelet
- Vervang ’n grondboontjiebotter-toebroodjie met ’n heerlike gerolde kaasomelet. Hierdie happie is perfek vir ’n proteïenbelaaide kosblik-maaltyd. Jy kan die ham uitruil vir kouevleis van keuse, groente of gesnyde tamaties. As die kinders iets nuuts en smaakliks vir hul kosblik soek, is hierdie opsie perfek. Watter beter peuselhappie as maklik opgerolde omeletjies? Bestanddele:5 ml (1 t) botter2 eiers, geklits30 ml (2 e) cheddarkaas, gerasper15 ml (1 e) sprietuie, in dun skywe gesny2 snye hamSout en peper, na smaakMetode: 1. Smelt die botter in ’n middelslag-pan oor medium hitte. Gooi die geklitste eiers in die pan en draai dit rond totdat dit die bodem bedek.2. Verlaag die hitte en voeg kaas, sprietuie, ham by en geur met sout en peper. Laat kook vir nog ’n minuut of twee.3. Plaas die omelet oor na ’n bord en rol liggies op en sny in vier stukke.Source: Food Lovers Market



