Die 239 matrieks van die Hoërskool Parel Vallei in 2022 het ’n 100%-slaagsyfer, 91% baccalaureus-slaagsyfer en altesaam 456 vakonderskeidings behaal.
Die skool se top-10-kandidate spog met ’n gemiddelde van 90%, die top-100-kandidate met ’n gemiddelde van 79% en die graadgemiddelde is 69%. PV het ook 458 B-vakgemiddeldes behaal en die dux-leerder en toppresteerder, Christian Kotzé, het ’n gemiddelde van 96,83% behaal.
“Parel Vallei is op die voorpunt van opvoeding in ons land en met wyse aanpasbaarheid handhaaf ons ’n fyn balans tussen behoud en vernuwing van beste praktyke op alle terreine.
“Ons is geweldig trots op hierdie matrieks se gesamentlike prestasie en besonder opgewonde oor die positiewe bydrae wat hulle in verskillende beroepe en sektore oor die land heen sal maak,” het PV se hoof, David Schenck, gesê.
“Ons skool se sukses word nie net gemeet aan ’n 100%-slaagsyfer nie, maar hoe goed ons ons Parel Valleiers voorberei het vir studies, die lewe en die wêreld van werk. Die terugvoer van ons oud-Parel Valleiers se buitengewone sukses by tersiêre opvoedkundige inrigtings bevestig dat ons doel- en toekomsgerigte benadering vrugte afwerp.”
Die PV matriekuitslae in syfers:
• 456 vakonderskeidings
• 458 B-vakgemiddeldes
• 91% baccalaureus-slaagsyfer
• 55 A-gemiddeldes (80% of hoër gemiddeld of A-simbool vir minstens vier vakke).
• Top-10-kandidate behaal 90%
• Top-100-kandidate behaal 79% gemiddeld.



