Daar is ’n ongenooide besoeker op “vrye voet” in die Helderberg en hy fasineer almal wat hom teëkom. Die karnallie het sy trek uit sy natuurlike habitat dorp toe gemaak en is verlede Donderdag (23 Februarie) in Firgrove gewaar. Adoons het vandeesweek die aandag getrek van talle bewonderaars en nuuskierige agies wat hom met sy volgende besoek – soos beeldmateriaal op sosiale media bewys – aan ’n woonstelblok op die R102 raakgesien het. Hier het die man-van-die-oomblik soos King Kong die prentjiemooi uitsig van inwoners se balkon geniet terwyl toeskouers hulle verkyk het aan sy bobbejaanstreke. Volgens ’n woordvoerder van Baboon Matters, ’n niewinsgewende organisasie toegewy aan die bewaring van bobbejane, is Ou Bob maar net ’n jong, rondlopende mannetjiesbobbejaan wat volwassenheid bereik het en van die trop waarin hy gebore is, afgedwaal het. Daar word vermoed dat Adoons met sy soektog na ’n nuwe trop bietjie verder as wat hy moes, weggedwaal het. Teen druktyd Dinsdagoggend was die kalant steeds op sy rondes en ’n taakspan van ’n openbare entiteit verantwoordelik vir biodiversiteitsbewaring is ingespan om die situasie te assesseer en die bobbejaan óf te vang óf toe te sien dat hy na sy natuurlike habitat terugkeer. Terwyl die vabo


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article