Die jeug van die Christen Gemeentes Sir Lowry’s Pass het Saterdagaand (27 Mei) die verhoog vir die musiekkonsert Lofsang en Psalms Volume 1 met ’n voorbeeldige en aansteeklike passie vir die Here saam met bekende gospelmusiekkunstenaars aangedurf en hul sielaanrakende, melodiese aanbidding het die Sir Lowry’s Pass Primêre Skoolsaal laat vlamvat! Gehore kon nie anders as om deur die gees opgevang te word en saam te jubel en te juig nie. Foto’s: Jamey Gordon


“>

Colin Mitchells, David Jantjies, Ruben Davids, Beranize Minnaar en Henrico Snyders was deel van die geseënde musiekkonsert.

Die ongelooflike sangtalent van die plaaslike jeugdiges Rozaan Ferdericks en Deeolen Brits het die gehoor met ’n vuurwarm vertoning van die lied “Sonder twyfel” bekoor.

Aspirante digter Duwayne “DK” Mentoor van Grabouw het met sy passievolle gedig kos vir die siel opgelewer.

Die jeuggroep se “praise dancers” het met hul geestelike danspassies hul gawes op toon gestel.

AJ Wildskut het die gehoor met sy brandende Godsdiens op hul voete gehad in aanbidding.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article