Die sangeres met die fluweelstem, Demi Lee Moore, en haar vierstuk-orkes het Saterdagaand (15 Julie) in die Helderberg-kom gekuier. Die lewendige, veelsydige en aanloklike musiekkunstenaar het die splinternuwe Helderberg Teatro @ Doxa Deo met ’n energie-belaaide vertoning geopen.Foto’s: Jamey Gordon


Pneumatix-studente Daniella Schoeman, Catherine van Graan en Nadine Olivier het gaste by die ingang van die teater wat in Melcksloot Village-winkelsentrum geleë is, verwelkom. Saam met hulle is Helderberg Doxa Deo se Rosa Kleyn.

Aldo, Hano, Anneri en Manie Theron.

Marlene Rossouw en vriendin Melanie Williams wat haar verjaardag Saterdag gevier het en deur Demi Lee verhoog toe geroep is om vir haar te sing.

Abigail Olivier, Tyla Kennedy en Léan Olivier het die vertoning saam geniet.

Danielle Goosen en Jessica Lee.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article