Helderberg Hospies se uitvoerende hoof, Robert de Wet, het ’n tjek van R245 500 by CSV se uitvoerende hoof, Alex von Klopmann, ontvang.


Menige gholfentoesiaste is weer eens deur die Helderberg-konstruksiereus CSV na die Strand-gholfbaan gelok om hul stokke vir liefdadigheid te swaai.

Die jaarlikse geldinsamelingsinisiatief het die ondersteuning van altesaam 152 gholfspelers verwerf en R245 500 ten bate van Helderberg Hospies, ’n organisasie sonder winsbejag, opgelewer.

Die gholfdag is afgesluit met ’n prysuitdeling wat deur Helderberg Hospies se Robert de Wet (uitvoerende hoof), Louise Steenkamp (hoof van hulpbronne) en Julian Weil (voorsitter van die direksie) asook die komedie-towenaar PG Engelbrecht as seremoniemeester en afslaer, en die musikant Gerhard Claasen, bygewoon is. Die geleentheid het ook nasionale sportreuse soos Marius Joubert, Marius Schoeman, Sandile Ngcobo, Louis Koen, Steve Palframan, Kenny Jackson en Bruce Wilson na die gholfbaan gelok.

CSV Konstruksie stuur ’n spesiale woord van dank aan al die maatskappye wat ’n vierbal ingeskryf, putjies geborg en pryse geskenk het.

“Sonder dié ondersteuning sal so ’n dag glad nie moontlik wees nie. Gesamentlik maak ons ??’n verskil,” het ’n persverklaring gelui.

“Ons wil Helderberg Hospies graag bedank vir al hul toegewyde, goeie en harde werk. Julle is so ’n belangrike organisasie vir ons en vervul ’n groot rol in baie gesinne se lewe.”

CSV Konstruksie het verder klem geplaas op die belangrikheid van ’n organisasie soos Helderberg Hospies wat nie onderskat kan word in die gemeenskap nie, en doen ’n beroep op meer maatskappye om ondersteuning deur betrokkenheid aan die organisasie.

Die vierbal-wenspan was Ituba Industries. Van links is Cobus le Roux (CSV), Owen Barron (Ithuba), Rene le Riche (Ithuba), Alex von Klopmann (CSV), Unathi Solera (Ithuba) en Derek Rhoda (Ithuba).

Onder kranige spelers was Mossie Mostert, Rudi Buys, Gert Strydom en Wessel Kotze. Die span het vir NMI Toyota Stellenbosch en MSQ Carwash op die gholfbaan verteenwoordig. Foto’s: Jamey Gordon

Solarzone Somerset-Wes se Dale Gates en Renda Faviers het ’n nat gat beman.

Die DC Elektries-spanlede Charles du Plessis, Barry Gerber, Frans Labuschagne en Andries de Klerk het ’n potjie gholf saam geniet.

Denzel Arends en Dane Dearham van ELB Equipment.

GD du Plessis, Eben Greyling, Simon Malherbe en Robert Philp van Apple Tool & Gas het werk vir die dag sy gesit om die gholfdag te ondersteun.

Brian Roberts Agencies se Shane Bailie, Brett Papayanni, Victor Campbell en Dylan Barnard.

Rashied Williams en Kurt Barnes van One-stop Tool Shop het ’n stalletjie beman waar hulle allerhande gereedskap uitgestal het.

AM Transport se Jaco Kok, Leon de Villiers, Lennard Kok en Mark Horsford was die pragtige prentjie van eenvormigheid.

Julian Brandt en Vernon Makhombothi het spelers met verversings en inskrywings vir ’n gelukstrekking by hul “nat gat” verwelkom.

Andrew Vergotine, Shaghn Smit en Mongezi Anta van AfriSam, ’n toonaangewende verskaffer vangehalte boumateriaal.

Netto Invest se Chris Pecego, Jaco Hartman, Ryan Winter en Michael Maré.

Die trotse joggies Denver Johnson, Brian Daniels en Bernito Robertson van die iCaddies-dienste.

Gholfers Roger Potgieter, Steven Williams, Rian Gobregts en Stefan Roos het vir AfriSam verteenwoordig.

Christiaan Coetzee, Christiaan Bester en Lauren Julies van Talisman.

CSV Konstruksie se JC Bougas saam met AM Transport se Tilane De La Rosa, Lizelle Kok en Hannelie Jonck.

CSV Konstruksie se Nyameko Ngamani en Phillip Prins het met heerlike boereworsrolletjies na gholfspelers se honger magies omgesien.

CSV Konstruksie se Hilton Johnstone (links) en JCV Bougas (regs) saam met Helderberg Hospies se Celestiné van der Merwe en Cheryl Rundle.

Die Sika-manne, Anthony Webster, Albert van Rensburg, Clinton Hodson en Warren Fielies.

Sandile Ngcobo (Stix), Marius Joubert, Marius Schoeman en PG Engelbrecht. Foto: Verskaf

Steve Palframan, Louis Koen, Bruce Wilson en Kenny Jackson. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article