Plaaslike organisasies en individue wat belangstel om op die raad van die Macassar-gemeenskapspolisiërings­forum (GPF) te dien, word hartlik uitgenooi om ’n spesiale vergadering hierdie Donderdag (2 November) by te woon.

Die geleentheid word om 19:00 in die raadsaal by die Macassar-polisiekantoor aangebied en sal ook die verkiesing van GPF-raadslede insluit.

Verskeie poste sal gevul word.

Belangstellendes kan AO Desire Adendolf by 082 469 0854 bel, of die Macassar-polisie by 021 857 7133 skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article