’n Klomp kleingoed het as deel van ’n vyfdeverjaarsdagpartytjie aan ’n opwindende skattejag op die strand langs Kusweg, Strand, deelgeneem. Benewens gille van opgewondenheid het die sonskynkinders se gesiggies opgehelder van blydskap elke keer as hul metaalverklikker ’n geluid maak en hulle skatte uit die sand opgrawe. Bo is ’n dolgelukkige Alexander Willeit (5) met ’n sakkie vol skatte! Foto’s: Jamey Gordon


Die verjaarsdagseuntjie, Bijorn Bensch (regs), saam met sy boetie, Ulrich, en hul mamma Janine en pappa Johann, wat die skattejag met hulp van Kids Treasure Hunting op die strand moontlik gemaak het. Volgens Janine is klein Bijorn mal oor enigiets wat seerowers betref en het sy liefde hiervoor die tema en aktiwiteit geïnspireer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article