Izobel Potter (regs), Warwick Williams en Jared Dippenaar is onder die drie beste presteerders van Hoërskool Valsbaai. Die skool pronk vir die 18de agtereenvolgende jaar met ’n matriekslaagsyfer van 100%. Die matrikulante het al hul vakke en met toelating tot universiteit geslaag. Die klasgemiddelde is 65%. “Ons is baie trots op ons matrieks. Dankie aan die leerders, hul ouers en die personeel wat weer eens gehelp het dat ons ’n 100%-slaagsyfer kon behaal,” het die skoolhoof, Herman Janse van Rensburg, gesê.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article