’n Nuwe forum, wat bekendstaan as die Ontwikkeling-forum, is onlangs in Strand van stapel gestuur nadat verskeie rolspelers in die gebied ’n forum op die been wou bring wat sal saamwerk en met die Strand-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) asook ander organisasies kommunikeer en só gaan probeer om misdaad te beveg en om die gemeenskap ’n veiliger plek vir almal te maak. Niklaas Thysen, wat tans op die Strand-GPF asook die nuut gestigte forum dien, sê die forum se volgende byeenkoms is word Woensdag 28 Februarie van 09:00 tot 12:00 in die Verenigde Gereformeerde kerk (VGK) Strand gehou. “Ons nooi alle mense wat belangstel om die byeenkoms by te woon,” sê Thysen. Op die foto sit van die lede van die nuut gestigte Ontwikkeling-forum. Foto:

Credit: SYSTEM

Nuwe forum om misdaad te help beveg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article